|
GENADEJARE - Madder Steyn |
|
| Publiself Uitgewers: 012 998 5600 | |
|
Prys: R100.00 (Posgeld R15/boek) Formaat: Sagteband Bladsye: 367 Bestel by die outeur: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien 012 3456 456 of 083 779 2122 |
|
|
Opsomming: Madder Steyn – jy ken hom waarskynlik. Sy voetspore het nie net hierdie subkontinent en Europa deurkruis nie, maar deur duisende gemeentelede- en studenteharte gegaan. As jong, intellektuele seun is hy geroep om 'n man van God te wees, en hierdie pad het hy met gesag, maar met liefde en menslike deernis geloop. "Genadejare", sy biografie, maak sy lewe voor die leser oop: 'n mens onder die Groot Genade. Daar is geen eie beuel blasery nie, inteendeel. Dis juis sy gewone mens wees tussen mense wat die meeste tref. Hier is ‘n taalkunstenaar wat met woorde skilder. In die boek kom jy in persoonlike kontak met bekendes uit die laaste helfte v/d vorige eeu. Leiers oor ‘n breë spektrum van die samelewing, bv. die politiek, die Universiteit van Pretoria, ens. met wie se pad hy op ‘n besondere wyse gekruis het, word uit ‘n totaal ander hoek lewendig voor jou. Die leser sal ook saamlag en saamhuil oor kaskenasdes uit die skrywer se kaalvoetdae, studentedae, vrywilliger-kapelaandae op die grens en ook saam deel in die hartseerdae as hulp in hel van die vernietigde Zimbabwe. |
|
|
WORSTEL MET GOD - Madder Steyn |
|
| Publiself Uitgewers: 012 998 5600 | |
|
Prys: R60.00 (Posgeld R15/boek) Formaat: Sagteband Bladsye: 97 Bestel by die outeur: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien 012 3456 456 of 083 779 2122 |
|
|
Opsomming: Daar kom tye wanneer selfs ‘n gelowige kwaad word vir God, of teleurgestel word in sy optrede of sy gebrek aan optrede. Die bidder, wat onder sulke omstandighede dikwels ook kwaad en teleurgestel word in hom/haarself, deurworstel op ‘n eerlike wyse in hierdie boek sekere sake met die Here. Ongewone en ‘n paar gewone gebedsonderwerpe word aangespreek. Daar is gebede wat rou en eg uit die hart skeur, bv. dié van ‘n verkragte, na die selfmoord van ‘n lewensmaat, vir ‘n terminale geliefde wat nie wil sterf nie, oor ontrou, woede, die eie sterfbed, ens ens. Hier staan die bidder naak voor God. Madder Steyn het deur die loop van 50 jaar saam met studente, gewone lidmate, senior burgers en eensames al h/d gebede deurworstel. Dit is hulle wroeging wat hy in gebede verwoord. Hierdie is katarsis wat na aan die been sny, dis suiwering. Jy sal as skoner, sterker mens van jou knieë af opstaan. |
|
The comment section is restricted to members only.









