Gebed is om voor die aangesig van God te verskyn. Dit is die plek waar trots eenkant toe geskuif word, waar hoop begin en intense smeking plaasvind. Deur gebed stel jy jou nood en afhanklikheid aan God. Elke Christen het gebed nodig. Gebed getuig van geloof en hoop. Gebed is die voorreg om die Vader se hart te raak deur sy Seun, Jesus Christus.
Nader tot God en Hy sal tot julle nader. Was julle hande, sondaars, en reinig julle harte, huigelaars. Jakobus 4:8
Moet oor niks besorgd wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. Filippense 4:6-7